Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:2-9 Bybel vir Almal (ABA)

2. en hulle het gaan staan by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleasar en die leiers en die hele volk, en hulle het gesê:

3. “Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy was nie een van die groep wat saam met Korag teen die Here opstandig geword het nie, hy het gesterf omdat hy self sonde gedoen het. Maar hy het nie seuns gehad wat sy grond kan kry nie.

4. Hoekom moet ons pa se naam nou verdwyn uit sy familie? Jy moet vir ons grond gee tussen ons pa se broers.”

5. Moses het vir die Here gevra of die dogters reg is,

6. en die Here het vir hom gesê:

7. “Die dogters van Selofgad praat reg. Jy moet vir elkeen haar eie grond gee tussen haar pa se broers, jy moet dit doen. Jy moet vir hulle die grond gee wat hulle pa sou gekry het.

8. “En jy moet vir die Israeliete sê:“Wanneer ’n man sterf en hy het nie ’n seun nie, dan moet julle sy grond vir sy dogter gee.

9. As hy ook nie ’n dogter het nie, dan moet julle sy grond vir sy broers gee.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27