Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:17-23 Bybel vir Almal (ABA)

17. wat die leier van die volk kan wees. Die volk van die Here mag nie wees soos skape en bokke wat nie ’n wagter het nie.”

18. Die Here sê toe vir Moses: “Jy moet vir Josua seun van Nun neem en jy moet jou hande op hom sit. My Gees sal hom lei.

19. Jy moet hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk laat staan en jy moet vir hom sê wat hy moet doen. Hulle moet dit hoor.

20. Jy moet vir al die Israeliete sê hulle moet gehoorsaam wees aan Josua, soos hulle gehoorsaam was aan jou.

21. En wanneer Josua wil weet of hy iets mag doen, dan moet hy vir die priester Eleasar vra om met die urim vir die Here te vra wat hy moet besluit. Josua en al die Israeliete, die hele volk, moet altyd doen wat die Here sê.”

22. Moses het gedoen wat die Here gesê het. Hy het vir Josua geneem en hy het hom voor die priester Eleasar en die hele volk laat staan.

23. Moses het sy hande op Josua gesit en vir hom gesê wat hy moet doen. Moses het gedoen wat die Here vir hom gesê het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27