Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:15-20 Bybel vir Almal (ABA)

15. Moses het toe vir die Here gesê:

16. “Here, God, U gee vir almal die lewe, U moet dan iemand vir die volk kies en aanstel

17. wat die leier van die volk kan wees. Die volk van die Here mag nie wees soos skape en bokke wat nie ’n wagter het nie.”

18. Die Here sê toe vir Moses: “Jy moet vir Josua seun van Nun neem en jy moet jou hande op hom sit. My Gees sal hom lei.

19. Jy moet hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk laat staan en jy moet vir hom sê wat hy moet doen. Hulle moet dit hoor.

20. Jy moet vir al die Israeliete sê hulle moet gehoorsaam wees aan Josua, soos hulle gehoorsaam was aan jou.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27