Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die dogters van Selofgad was van die nageslag van Manasse. Selofgad was die seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse. Die name van die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hulle het nader gekom

2. en hulle het gaan staan by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleasar en die leiers en die hele volk, en hulle het gesê:

3. “Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy was nie een van die groep wat saam met Korag teen die Here opstandig geword het nie, hy het gesterf omdat hy self sonde gedoen het. Maar hy het nie seuns gehad wat sy grond kan kry nie.

4. Hoekom moet ons pa se naam nou verdwyn uit sy familie? Jy moet vir ons grond gee tussen ons pa se broers.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 27