Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:57-65 Bybel vir Almal (ABA)

57. Die families in die Levi-stam was Gerson, Kehat en Merari.

58. Ander Levi-families was Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die pa van Amram,

59. en Amram was getroud met Jogebed. Sy is gebore in die land Egipte en sy was van die nageslag van Levi. Sy en Amram het drie kinders gehad: Aäron, Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar,

61. maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle met verkeerde vuur vir die Here ’n offer gebring het.

62. Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat ’n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.

63. Moses en die priester Eleasar het al hierdie mense getel in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo.

64. Hierdie persone het nog nie gelewe toe Moses en die priester Aäron voorheen die Israeliete in die Sinai-woestyn getel het nie.

65. Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.

Lees volledige hoofstuk Numeri 26