Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:5-23 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ruben was die oudste seun van Israel. Die families in die Ruben-stam was Henog, Pallu,

6. Gesron en Karmi.

7. Daar was 43 700 persone in die families van die Ruben-stam.

8. Die seun van Pallu was Eliab,

9. en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here.

10. Toe het die aarde oopgeskeur en die aarde het hulle ingesluk saam met Korag. Die Korag-groep het gesterf toe 250 van hulle manne verbrand het. Hulle het ’n teken geword vir ander mense,

11. maar die kinders van Korag het nie gesterf nie.

12. Die families in die Simeon-stam was Nemuel, Jamin, Jakin,

13. Serag en Saul.

14. Daar was 22 200 persone in die families van die Simeon-stam.

15. Die families in die Gad-stam was Sefon, Gaggi, Suni,

16. Osni, Eri,

17. Arod en Areli.

18. Daar was 40 500 persone in die families van die Gad-stam.

19. Er en Onan was seuns van Juda, maar hulle het gesterf in die land Kanaän.

20. Die families in die Juda-stam was Sela, Peres en Serag.

21. Die families van die nageslag van Peres was Gesron en Gamul.

22. Daar was 76 500 persone in die families van die Juda-stam.

23. Die families in die Issaskar-stam was Tola, Puwwa,

Lees volledige hoofstuk Numeri 26