Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:49-61 Bybel vir Almal (ABA)

49. Jeser en Sillem.

50. Daar was 45 400 persone in die families van die Naftali-stam.

51. Die Israeliete was almal saam 601 750.

52. Die Here het vir Moses gesê:

53. “Jy moet die land verdeel tussen hierdie families. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie.

54. Jy moet vir ’n groot familie ’n groter stuk grond gee en vir ’n klein familie ’n kleiner stuk grond. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie.

55. Maar jy moet lootjies trek wanneer jy die land verdeel.

56. Die lootjies moet wys watter stuk grond elke familie moet kry, watter grond die groot families moet kry, en wat die klein families moet kry.”

57. Die families in die Levi-stam was Gerson, Kehat en Merari.

58. Ander Levi-families was Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die pa van Amram,

59. en Amram was getroud met Jogebed. Sy is gebore in die land Egipte en sy was van die nageslag van Levi. Sy en Amram het drie kinders gehad: Aäron, Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar,

61. maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle met verkeerde vuur vir die Here ’n offer gebring het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 26