Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. Moses en die priester Eleasar het toe met die Israeliete gepraat in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Hulle het gesê

4. hulle wil weet wie is almal ouer as 20 jaar. Die Here het vir Moses gesê hulle moet dit doen, soos hulle gedoen het toe die Israeliete uit Egipte gekom het.

5. Ruben was die oudste seun van Israel. Die families in die Ruben-stam was Henog, Pallu,

6. Gesron en Karmi.

7. Daar was 43 700 persone in die families van die Ruben-stam.

8. Die seun van Pallu was Eliab,

9. en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here.

10. Toe het die aarde oopgeskeur en die aarde het hulle ingesluk saam met Korag. Die Korag-groep het gesterf toe 250 van hulle manne verbrand het. Hulle het ’n teken geword vir ander mense,

11. maar die kinders van Korag het nie gesterf nie.

12. Die families in die Simeon-stam was Nemuel, Jamin, Jakin,

Lees volledige hoofstuk Numeri 26