Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:32-35 Bybel vir Almal (ABA)

32. Moses het spioene na die stad Jaser gestuur, en die Israeliete het die dorpe naby die stad oorwin. Hulle het die Amoriete wat daar was, weggejaag.

33. Die Israeliete het weggedraai en hulle het op die pad na die land Basan gegaan. Koning Og van Basan het gekom om hulle te ontmoet, hy en al sy manne het gekom. Hy wou oorlog maak teen hulle by die stad Edreï.

34. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moenie bang wees vir koning Og nie. Ek sal jou laat wen teen hom en al sy manne en sy land. Jy moet doen met hom wat jy gedoen het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het.”

35. Die Israeliete het Og en al sy manne oorwin. Nie een het aangehou lewe nie. Die Israeliete het sy land gevat.

Lees volledige hoofstuk Numeri 21