Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 16:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Korag, jy en al jou vriende, dit is wat julle moet doen: Julle moet panne neem,

7. en julle moet kole in die panne sit. Dan moet julle wierook bo-op die kole sit en julle moet die panne na die altaar bring. Julle moet dit môre doen. Die Here sal self kies wie gewyd is. Leviete, julle moenie alles self wil doen nie.”

8. Moses het vir Korag en sy vriende gesê: “Leviete, luister na wat ek sê:

9. Die God van Israel het vir julle uit die volk Israel geneem om naby Hom te kom. Julle moet die werk in die tempel-tent van die Here doen, julle moet dit doen vir die volk. Wat wil julle nog meer hê?

10. Korag, die Here het jou en al die ander Leviete saam met jou naby Hom laat kom. Wil julle nou ook priesters wees?

11. Julle moet dit weet, jy en al jou vriende is opstandig teen die Here self. Hoekom beskuldig julle nou vir Aäron?”

12. Moses het toe vir Korag en vir Datan en Abiram, seuns van Eliab, laat roep, maar hulle het gesê: “Ons sal nie kom nie.

13. Jy het ons weggeneem uit ’n vrugbare land om ons in ’n woestyn te laat sterf. Is dit nie genoeg nie? Wil jy ons nog meer laat swaarkry?

Lees volledige hoofstuk Numeri 16