Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:13-22 Bybel vir Almal (ABA)

13. Toe sê Moses vir die Here: “Die Egiptenaars sal dit hoor, want U het hierdie volk van hulle laat weggaan omdat U sterk is.

14. Die Egiptenaars sal praat met die mense wat in hierdie land woon. Hulle het gehoor dat U, die Here, by hierdie volk is en dat U self aan hulle verskyn. Hulle het gehoor dat U hulle in die dag lei met ’n wolk bokant hulle en in die nag met vuur.

15. As U nou die hele volk laat sterf, dan sal die volke wat van U gehoor het, sê:

16. ‘Die Here was nie sterk nie, Hy kon nie hierdie volk in die land bring wat Hy vir hulle belowe het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn laat sterf.’

17. Daarom, Here, U moet asseblief nou wys dat U sterk is. U het self gesê:

18. ‘Ek, die Here, is geduldig en vol liefde, Ek vergewe mense wanneer hulle sonde doen en opstandig is, maar Ek sê nie iemand is onskuldig wanneer hy skuldig is nie, Ek straf die nageslag oor die sondes van hulle voorvaders, Ek straf hulle tot in die derde en vierde geslag.’

19. U is altyd vol liefde. U het hierdie volk se sondes vergewe van die tyd toe hulle weggegaan het uit Egipte tot nou toe. U vergewe hulle sondes tot in die derde en vierde geslag. Vergewe hulle asseblief nou ook.”

20. Die Here het gesê: “Ek vergewe hulle soos jy gevra het,

21. maar so seker soos Ek lewe, so seker soos Ek Koning is van die hele aarde,

22. hierdie mense het gesien dat Ek die Koning is, hulle het die tekens gesien wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, maar hulle het My tien maal getoets en hulle het nie na My geluister nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 14