Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die hele volksvergadering het hard geskree, en die mense het daardie hele nag gehuil.

2. Al die Israeliete het vir Moses en Aäron beskuldig. Die hele vergadering het vir hulle gesê: “Ons wens ons het in Egipte gesterf of hier in die woestyn, ons wens ons was dood.

3. Hoekom bring die Here ons na hierdie land om in oorlog te sterf? Die vyande sal ons vroue en kinders vir hulleself vat. Dit sal vir ons beter wees as ons teruggaan na Egipte.”

4. Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons kies ’n leier en gaan terug na Egipte.”

5. Moses en Aäron het daar voor die volksvergadering, voor die vergadering van die Israeliete, gaan lê met hulle gesigte teen die grond.

6. Josua seun van Nun en Kaleb seun van Jefunne was twee van die manne wat gaan kyk het hoe die land lyk. Hulle het hulle klere geskeur

7. en hulle het vir die hele vergadering van die Israeliete gesê: “Ons het deur die land gegaan en ons het na die land gaan kyk. Dit is ’n baie goeie land, baie goed.

8. As die Here goed is vir ons, dan sal Hy ons in hierdie land bring en Hy sal dit vir ons gee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is.

9. Maar dan moet julle nie opstandig wees teen die Here nie en julle moenie bang wees vir die mense in die land nie. Ons sal hulle maklik oorwin. Niemand sal hulle kan beskerm nie. Die Here is by ons, julle moenie bang wees nie.”

10. Die hele vergadering het toe gesê hulle gaan vir Josua en Kaleb doodgooi met klippe. Maar toe sien al die Israeliete dat die Here, die Koning, by die tent is waar Hy aan die Israeliete verskyn.

11. Die Here sê toe vir Moses: “Hierdie volk hou aan om te maak of Ek nie vir hulle belangrik is nie. Ek het vir hulle baie tekens gewys. Hulle glo nie dat Ek hulle sal help nie. Hoe lank wil hulle aanhou om dit te doen?

12. Ek sal hulle siek laat word van pes en Ek sal hulle almal laat sterf. Dan sal Ek jou nageslag ’n volk maak wat groter en sterker as hulle is.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 14