Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 13:23-29 Bybel vir Almal (ABA)

23. Toe die manne by ’n vallei kom waar daar druiwe is, het hulle ’n tak afgesny. Daar was ’n tros druiwe aan die tak, en twee van die manne het die druiwe vasgemaak aan ’n paal en hulle het dit op hulle skouers gedra. Hulle het ook granate en vye saamgebring.

24. Hulle het daardie plek “Druiwe-vallei” genoem omdat die Israeliete die tros druiwe daar afgesny het.

25. Die manne het ná 40 dae teruggekom nadat hulle na alles in die land gekyk het.

26. Hulle het by Moses en Aäron en die hele volksvergadering van Israel by die stad Kades in die Paran-woestyn gekom. Die manne het vir hulle vertel wat hulle gesien het en het vir hulle gewys hoe lyk die vrugte in die land.

27. Hulle het vir Moses gesê: “Ons het na die land gegaan waarnatoe jy ons gestuur het. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is, hier is van die vrugte van die land.

28. Maar daar is ’n probleem: Die mense wat in die land woon, is sterk en hulle woon in groot stede wat sterk mure het. Ons het ook Enak-mense daar gesien.

29. In die Suid-land woon Amalekiete, in die berge woon Hetiete, Jebusiete en Amoriete, langs die see en langs die Jordaan-rivier woon Kanaäniete.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 13