Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 13:2-19 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Jy moet mense stuur om te kyk hoe die land Kanaän lyk, die land wat Ek vir die Israeliete gee. Julle moet een persoon uit elke stam stuur, een van die stam se leiers.”

3. Moses het toe mense uit die Paran-woestyn gestuur. Hulle was almal leiers van die Israeliete.

4. Hier is hulle name:Vir die Ruben-stamhet Sammuaseun van Sakkur gegaan,

5. vir Simeon: Safatseun van Gori,

6. vir Juda: Kalebseun van Jefunne,

7. vir Issaskar: Jigalseun van Josef,

8. vir Efraim: Hoseaseun van Nun,

9. vir Benjamin: Paltiseun van Rafu,

10. vir Sebulon: Gaddiëlseun van Sodi,

11. vir Manassevan die Josef-stam:Gaddi seun van Susi,

12. vir Dan: Ammiëlseun van Gemalli,

13. vir Aser: Seturseun van Mikael,

14. vir Naftali: Nagbiseun van Wofsi,

15. vir Gad: Geüelseun van Maki.

16. Dit is die name van die mense wat Moses gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk. Moses het vir Hosea seun van Nun die naam Josua gegee.

17. Toe Moses hulle gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk, het hy vir hulle gesê: “Julle moet van hier deur die Suid-land na die berge gaan.

18. Julle moet kyk hoe die land is en of die mense wat in die land woon, sterk of swak is, of hulle min of baie is.

19. Julle moet kyk of dit ’n goeie of ’n slegte land is waarin hulle woon, en of hulle woon in kampe of in stede wat sterk mure het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 13