Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12:9-16 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die Here was kwaad vir Aäron en Mirjam en Hy het weggegaan.

10. Maar toe die wolk weggaan van die tent, was Mirjam melaats, haar vel was wit soos sneeu. Toe Aäron na haar toe draai, het hy gesien dat sy melaats is.

11. Aäron het vir Moses gesê: “Asseblief, Meneer, jy moenie vir ons straf oor die sonde wat ons gedoen het nie, ons was dwaas.

12. Asseblief, moenie dat Mirjam word soos ’n kind wat doodgebore is nie, soos ’n kind wat net ’n halwe liggaam het nie.”

13. Moses bid toe tot die Here, en hy vra: “O God, maak haar asseblief gesond.”

14. Die Here het vir Moses gesê: “As haar pa in haar gesig gespoeg het, dan sou sy sewe dae lank daaraan moes dink dat hy haar verneder het. Sy moet sewe dae lank buite die kamp bly, dan kan sy terugkom.”

15. Hulle het toe vir Mirjam sewe dae lank buite die kamp laat bly. Die volk het nie daar weggegaan voordat sy teruggekom het nie.

16. Daarna het die volk weggegaan van die stad Gaserot en hulle het hulle tente opgeslaan in die Paran-woestyn.

Lees volledige hoofstuk Numeri 12