Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 11:16-21 Bybel vir Almal (ABA)

16. Die Here het toe vir Moses gesê: “Jy moet vir My 70 van Israel se leiers laat bymekaarkom. Jy weet wie is goeie leiers en voormanne. Jy moet hulle neem na die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, en jy moet hulle daar by jou laat staan.

17. Ek sal afkom en daar met jou praat en Ek sal van die gees wat in jou is, neem en dit in hulle laat kom. Dan kan hulle saam met jou die volk dra en dan moet jy dit nie alleen doen nie.

18. En jy moet vir die volk sê: Julle moet julleself wy vir môre, want môre sal julle vleis eet. Die Here het gehoor dat julle gehuil en gekla het. Julle het gesê: ‘Wie sal hier vir ons vleis gee om te eet? Dit was vir ons beter in Egipte.’ Die Here sal môre vir julle vleis gee en julle sal dit eet.

19. Julle sal nie een dag lank eet nie, nie twee dae nie, nie vyf dae nie, nie tien dae nie, nie 20 dae lank nie,

20. nee, julle sal ’n hele maand lank eet, totdat die vleis by julle neuse uitkom en julle naar word daarvan. Want julle het gewys dat die Here nie vir julle belangrik is nie, die Here wat tussen julle is. Hy het gehoor dat julle huil en vra: ‘Hoekom het ons weggegaan uit Egipte?’ ”

21. Toe sê Moses vir die Here: “Daar is 600 000 manne hier by my wat oorlog kan maak, en U sê U sal vir hulle vleis gee en hulle sal ’n maand lank eet.

Lees volledige hoofstuk Numeri 11