Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 5:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Party mans en hulle vroue het kom kla oor die Judeërs.

2. Party het gesê: “Ons het baie kinders en ons moet koring kry om te eet en te lewe.”

3. Party het gesê: “Daar is baie min kos. Ons moes ons koringlande en ons wingerde en ons huise gee om koring te kry.”

4. En party het gesê: “Ons moes ons koringlande en ons wingerde gee om geld te kry om die belasting van die koning te betaal.

5. Ons en ons kinders is ook Judeërs, maar ons moes ons seuns en dogters gee om slawe te word. Party mans het party van ons dogters verkrag, en ons kan niks doen nie. En ons koringlande en ons wingerde behoort nou aan ander mense.”

6. Ek was baie kwaad toe ek hoor wat hulle sê.

7. Ek het daaroor gedink, en toe het ek die belangrike mense en die leiers beskuldig en vir hulle gesê: “Julle wil hê julle broers moet meer en meer geld vir julle skuld.”Ek het die mense bymekaargeroep, en ons het ’n groot volksvergadering gehou om hulle te beskuldig.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 5