Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:12-31 Bybel vir Almal (ABA)

12. Daar was 822 priesters wat by die tempel gewerk het. Daar was ook Adaja seun van Jerogam seun van Pelalja seun van Amsai seun van Sagaria seun van Pasgur seun van Malkija

13. en die ander priesters saam met hom. Hulle was 242 familiehoofde. Daar was ook Amassai seun van Asarel seun van Agsai seun van Mesillemot seun van Immer

14. en die ander priesters saam met hom. Hulle was almal saam 128 en hulle was belangrike manne. Hulle hoof was Sabdiël seun van Gedolim.

15. Van die Leviete was daar Semaja seun van Gassub seun van Asrikam seun van Gasabja seun van Bunni,

16. en ook Sabbetai en Josabad, hoofde van die Leviete wat die werk buite die tempel gedoen het,

17. en Mattanja, die leier van die koor wat die Here geprys het en vir Hom dankie gesê het. Mattanja was die seun van Miga seun van Sabdi seun van Asaf. Daar was ook Bakbukja, die tweede broer van Mattanja, en Abda seun van Sammua seun van Galal seun van Jedutun.

18. Die Leviete in die gewyde stad was almal saam 284.

19. Die poortwagte Akkub, Talmon en die ander Leviete wat die poorte opgepas het, was almal saam 172.

20. Die ander Israeliete, en die ander priesters en Leviete was in die stede van Juda. Elkeen het op sy eie grond gewoon.

21. Die tempel-slawe het op die Ofel gewoon. Hulle hoofde was Siga en Gisma.

22. Die hoof van die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani seun van Gasabja seun van Mattanja seun van Miga. Hy was van die nageslag van Asaf. Asaf se nageslag was die mense wat moes sing terwyl die priesters die werk by die tempel gedoen het.

23. Die koning van Persië het besluit dat hulle elke dag moet sing.

24. Petagja was die koning van Persië se raadgewer oor dinge van die Israeliete. Petagja was die seun van Mesesabel van die nageslag van Serag seun van Juda.

25. Party Judeërs het gewoon in plekke naby hulle grond. Hulle het gewoon in die stad Kirjat-Arba en die dorpe daar naby, in die stad Dibon en die dorpe daar naby, in die stad Kabseël en die woonplekke daar naby,

26. in die stede Jesua, Molada, Bet-Pelet,

27. en Gasar-Sual, in die stad Berseba en die dorpe daar naby,

28. in die stad Siklag, die stad Mekona en die dorpe daar naby,

29. in die stede En-Rimmon, Sora, Jarmut,

30. Sanoag, Adullam en die woonplekke daar naby, in die stad Lakis en in die veld daar naby, in die stad Aseka en die dorpe daar naby. Hulle het gewoon van Berseba tot by die Hinnom-vallei.

31. Die mense van die Benjamin-stam het gewoon in die stad Geba en verder, in die stede Mikmas en Aja, in die stad Bet-El en die dorpe daar naby,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11