Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Seraja seun van Gilkija seun van Mesullam seun van Sadok seun van Merajot seun van Agitub. Agitub was die hoof-opsigter van die tempel.

12. Daar was 822 priesters wat by die tempel gewerk het. Daar was ook Adaja seun van Jerogam seun van Pelalja seun van Amsai seun van Sagaria seun van Pasgur seun van Malkija

13. en die ander priesters saam met hom. Hulle was 242 familiehoofde. Daar was ook Amassai seun van Asarel seun van Agsai seun van Mesillemot seun van Immer

14. en die ander priesters saam met hom. Hulle was almal saam 128 en hulle was belangrike manne. Hulle hoof was Sabdiël seun van Gedolim.

15. Van die Leviete was daar Semaja seun van Gassub seun van Asrikam seun van Gasabja seun van Bunni,

16. en ook Sabbetai en Josabad, hoofde van die Leviete wat die werk buite die tempel gedoen het,

17. en Mattanja, die leier van die koor wat die Here geprys het en vir Hom dankie gesê het. Mattanja was die seun van Miga seun van Sabdi seun van Asaf. Daar was ook Bakbukja, die tweede broer van Mattanja, en Abda seun van Sammua seun van Galal seun van Jedutun.

18. Die Leviete in die gewyde stad was almal saam 284.

19. Die poortwagte Akkub, Talmon en die ander Leviete wat die poorte opgepas het, was almal saam 172.

20. Die ander Israeliete, en die ander priesters en Leviete was in die stede van Juda. Elkeen het op sy eie grond gewoon.

21. Die tempel-slawe het op die Ofel gewoon. Hulle hoofde was Siga en Gisma.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11