Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10:28-29 Bybel vir Almal (ABA)

Die ander mense het saam met mekaar en saam met hulle leiers belowe dat hulle sal doen wat die wette van God sê, die wette wat Moses, die dienaar van God, vir die volk gegee het. Hulle het gesê dat God hulle kan doodmaak as hulle nie gehoorsaam is aan al die gebooie van die Here, ons Here, nie, as hulle nie gehoorsaam is aan alles wat Hy besluit het en gesê het nie. Hierdie mense was die priesters, die Leviete, die poortwagte, die mense wat moes sing, die tempel-slawe, almal wat apart gegaan het, weg van die ander volke in die land. Hulle het weggegaan sodat hulle kan doen wat die wette van God sê. Hulle vroue, hulle kinders en almal wat kon verstaan, het ook saam met hulle gegaan.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 10

Kyk Nehemia 10:28-29 in konteks