Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle vra:“Wat moet ek saamneemas ek na die Herese tempel gaan?Waarmee sal ek die Here dien?Die Here is groot.Moet ek brand-offersvir Hom bring?Moet ek vir Hom kalwers offer?

7. Sal die Here houvan 1 000 skaap-ramme,en van 10 000 rivierevol olyf-olie?Moet ek my oudste seun offeromdat ek sonde gedoen het?”

8. Die Here het vir julle gesêwat reg is.Hy wil net hê julle moet doenwat reg is.Julle moet Hom altyd dien.Julle moet gehoorsaam wees aan julle God.

9. Die Here roep die mensevan Jerusalem.Elke mens wat weet wat reg is,moet bang wees vir sy God.Die Here sê:“Luister, koning en almalwat in die stad bymekaar is,

10. julle is ’n klomp slegte mense.Ek hou nie daarvandat julle skelm iswanneer julle iets meet en weeg nie.

11. Ek sien wanneer julle iets weegmet ’n weegskaal wat nie reg weeg nie.

12. Die ryk mense doen slegte dingeaan die arm mense,en almal in die stad liegen bedrieg.

13. “Daarom het Ek klaar beginom julle te strafomdat julle sonde gedoen het.

14. Julle sal eet, maar jullesal nie vol word nie,julle sal honger bly.Julle sal julle goed bêre,maar Ek sal dit geevir die mense wat teen julleoorlog maak.

15. Julle sal koring saai,maar julle sal nie koring afsny nie.Julle sal olie druk uit die olywe,maar julle sal nie olie kryom aan julleself te smeer nie.Julle sal sap uit die druiwe druk,maar julle sal nie wyn kryom te drink nie.

16. Julle het gelewesoos die slegte koningsOmri en Agab.Daarom sal Ek vyande laat kom,en hulle sal julle stad verwoes.Hulle sal baie slegte dinge doen aan julleen hulle sal julle spot.”

Lees volledige hoofstuk Miga 6