Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle sê:“Eendag sal die bergwaarop die Here se tempel staan,hoër wees en vaster staanas die ander berge en heuwels.Baie volke sal na hierdie berg kom.

2. Die mense van baie volke sal komen hulle sal sê:‘Kom ons gaan op teen die bergvan die Here,na die tempel van die God van Jakob.Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen,en dan kan ons so lewe.Ons moet na Jerusalem gaan,dan sal ons weet wat die Herewil hê ons moet doenen wat Hy vir ons wil sê.’

3. “Die Here sal die regter weestussen die volkeen Hy sal die sterk volkevrede laat maak met mekaar,die volke wat naby isen die volke wat ver is.Dan sal die volke hulle swaardeen spiese smelten hulle sal skerp ysters maakom te ploegen messe om bome se takke af te sny.Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nieen hulle sal ook nie leerom oorlog te maak nie.

4. Elke Israeliet sal ondersy eie wingerdstokof onder sy eie vyeboom sit.Die Israeliete sal vir niemandbang wees nie.Die Here het dit gesê,Hy regeer oor alles.

Lees volledige hoofstuk Miga 4