Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle eet hulle vleisen julle slag hulle vel af.Julle kap hulle bene stukkend,julle sny hulle vleis soos ’n mensvleis sny om dit te kook.

4. Dan roep julle na die Hereen julle vra dat Hy julle moet help,maar Hy antwoord julle nie.Hy wil nie luister na julle nie,want julle het verkeerd gedoen.

5. Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg:“Wanneer mense vir julle kos gee,dan sê julle daar sal vrede wees,en wanneer hullenie vir julle kos gee nie,dan sê julle daar sal oorlog kom.”

6. Daarom sal dit nag word vir julle.Die Here sal nie vir julle wyswat sal gebeur nie.Die son sal ondergaanvir die profete.Dit sal donker word vir hulle.

7. Die profete dink hulle weetwat sal gebeur,maar hulle sal nie weetwat om te sê nie,want God sal niemet hulle praat nie.

8. Net ek, Miga, is sterk.Die Gees van die Herehet my sterk gemaak.Ek weet wat is reg,en ek is nie bangom vir die Israeliete te sêdat hulle sonde gedoen het nie.

9. Leiers van die Israeliete,julle moet luister!Julle dink dit is nie belangrikom reg te doen nie,julle dink dit is regom verkeerd te doen.

Lees volledige hoofstuk Miga 3