Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:31-36 Bybel vir Almal (ABA)

31. Die priester moet die vet op die altaar verbrand, en Aäron en sy seuns moet die bors kry.

32. Julle moet die regter-boud van die ete-offer ook vir die priesters present gee.

33. Die priester wat die bloed en die vet van die ete-offer verbrand, moet die regter-boud kry,

34. want Ek het die bors van die beweeg-offer en die boud geneem van die Israeliete en Ek het dit vir die priester Aäron en sy seuns gegee. Die boud is ’n present, dit is ’n deel van die ete-offers, en die Israeliete moet dit altyd gee.

35. Dit is die dele wat Aäron en sy seuns moet kry van die vuur-offers van die Here. Hulle moet dit kry van die dag toe hulle gewy is om priesters van die Here te wees.

36. Toe die Here die priesters gesalf het, het Hy gesê die Israeliete moet hierdie dele vir die priesters gee.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7