Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 24:12-23 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hulle het die man toegesluit, hulle wou eers hoor wat die Here sê.

13. Die Here het vir Moses gesê:

14. “Jy moet die man wat die ander man vervloek het, wegneem uit die kamp. Almal wat gehoor het wat hy gesê het, moet hulle hande op sy kop sit, en die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe.

15. Jy moet vir die Israeliete sê: Elke persoon wat sy God vervloek, is skuldig, julle moet hom straf.

16. Iemand wat die Naam van die Here laster, moet sterf, die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe. Mense wat die Naam van die Here laster, vreemdelinge of Israeliete, moet sterf.

17. ’n Persoon wat ’n ander mens doodmaak, moet sterf.

18. Wanneer iemand ’n dier van iemand anders doodmaak, dan moet hy betaal, hy moet vir die eienaar ’n ander dier gee.

19. Wanneer ’n persoon iemand anders seermaak, dan moet hulle dieselfde doen, hulle moet hom ook so seermaak.

20. Die straf is: As hy die man seergemaak het, dan moet julle hom ook seermaak, ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand. Hulle moet dieselfde aan hom doen wat hy aan ’n ander mens gedoen het.

21. Iemand wat ’n dier doodmaak, moet betaal, maar iemand wat ’n mens doodmaak, moet sterf.

22. Dit moet dieselfde wet vir almal wees, vir vreemdelinge en vir Israeliete, want Ek is julle God die Here.”

23. Moses het dit vir die Israeliete gesê, en hulle het die man wat gelaster het, weggeneem uit die kamp en hulle het hom doodgegooi met klippe. Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 24