Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is ’n hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.

11. Jy moenie suurdeeg of heuning sit in ’n koring-offer wat jy vir die Here gee nie, want julle mag nie suurdeeg of heuning verbrand in ’n vuur-offer vir die Here nie.

12. Julle mag suurdeeg of heuning vir die Here gee. Dit is dan ’n offer van julle beste dinge. Maar dit mag nie op die altaar kom nie, dit sal nie vir die Here lekker ruik nie.

13. Jy moet sout gooi op al jou koring-offers. Jy moenie vergeet om sout by jou koring-offers te sit nie. Die sout is die teken van die verbond met jou God. Jy moet sout gee saam met al jou koring-offers.

14. “Wanneer jy vir die Here ’n koring-offer gee van die koring wat jy eerste afgesny het, dan moet dit vars koring wees wat jy gebraai of gestamp het. Jy moet dit gee, dit is die koring-offer uit die eerste koring wat jy afgesny het.

15. Jy moet olyf-olie daarby sit en jy moet wierook bo-op sit. Dit is die koring-offer.

16. Die priester moet dan die deel van die vars koring en olyf-olie verbrand saam met al die wierook, dit is die deel wat die Here moet kry. Dit is ’n vuur-offer vir die Here.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2