Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:24-32 Bybel vir Almal (ABA)

24. Wanneer ’n man seks het met ’n vrou wat menstrueer, dan word hy ook onrein vir sewe dae, en elke bed waarop hy lê, word onrein.

25. Wanneer daar bloed uit ’n vrou kom in ’n tyd wanneer sy nie menstrueer nie, of as die bloed aanhou uitkom nadat sy gemenstrueer het, dan is sy onrein so lank soos die bloed uitkom.

26. Elke bed waarop sy lê en elke ding waarop sy sit, sal onrein word, soos wanneer sy menstrueer.

27. Elkeen wat raak aan die bed of die ding waarop die vrou gesit het, sal onrein word, hy moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.

28. Wanneer daar nie meer bloed uitkom nie, dan moet die vrou sewe dae wag, daarna kan sy rein word.

29. Op die agste dag moet sy twee tortelduiwe of twee makduiwe bring vir die priester by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

30. Die priester moet die duiwe offer, een duif om ’n sonde-offer te wees en een duif om ’n brand-offer te wees. So moet hy versoening doen vir die vrou nadat sy onrein was.

31. Julle moet keer sodat die Israeliete nie onrein word nie, en sodat hulle nie my tempel-tent wat by hulle is, onrein laat word nie. Want dan sal hulle moet sterf.

32. Dit is wat moet gebeur wanneer daar saad of iets nat kom uit ’n man se geslagsorgaan en hy word dan onrein.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15