Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 10:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. Daarna het Moses vir Aäron en sy ander seuns Eleasar en Itamar gesê: “Julle moenie julle hare deurmekaar laat bly en julle moenie julle klere skeur om te wys dat julle rou nie, want as julle dit doen, dan sal julle sterf, en die Here sal kwaad wees vir al die Israeliete. Die ander priesters en al die Israeliete mag huil omdat die Here vir Nadab en Abihu laat verbrand het.

7. Julle mag ook nie weggaan van die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn nie, want die salf-olie van die Here is op julle.”Aäron en sy seuns het gedoen soos Moses gesê het.

8. Die Here het vir Aäron gesê:

9. “Jy en jou seuns mag nie wyn of bier drink wanneer julle na die tent kom waar Ek aan die Israeliete verskyn nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf. Julle en julle nageslag mag dit nooit doen nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 10