Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 10:10-13 Bybel vir Almal (ABA)

10. Daar is dinge wat gewy is en daar is dinge wat nie gewy is nie. Julle moet wys dat hulle nie dieselfde is nie. Daar is ook dinge wat onrein is en daar is dinge wat rein is. Julle moet wys dat hulle nie dieselfde is nie.

11. Julle moet vir die Israeliete alles leer wat Ek wil hê hulle moet doen. Ek het vir Moses gestuur om dit vir die Israeliete te sê.”

12. Aäron het twee seuns gehad wat nog gelewe het, hulle name was Eleasar en Itamar. Moses het vir Aäron en sy twee seuns gesê: “Julle moet die koring-offer neem wat oorgebly het van die vuur-offers vir die Here, en julle moet dit langs die altaar eet, want dit is hoog-gewyd. Daar moenie suurdeeg in die brood van die koring-offer wees nie,

13. en julle moet dit eet op ’n gewyde plek. Dit is die deel wat jy en jou seuns kry van die vuur-offers vir die Here, soos ek gesê het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 10