Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. As sy offer ’n bees is, dan moet dit ’n gesonde bul wees. Hy moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, sodat die Here die offer van hom kan aanvaar.

4. Dan moet hy sy hand op die kop van die offer-dier sit, sodat die Here sy offer kan aanvaar en sy sonde kan versoen.

5. Daarna moet hy die bul daar voor die Here slag, en die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed van die bul nader bring en hulle moet dit spat teen die altaar, die altaar wat voor die tent is waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle moet dit oral rondom die altaar spat.

6. Die persoon wat die offer gee, moet die bul slag en hy moet die vleis in stukke sny.

7. Die priesters van die nageslag van Aäron moet vuur op die altaar sit en hulle moet hout op die vuur pak.

8. Hulle moet die stukke vleis op die hout sit wat op die vuur op die altaar is, hulle moet ook die kop en die niervet daarop sit.

9. Die persoon wat die offer gee, moet die pote en die binnegoed was, en die priester moet alles op die altaar verbrand. Dit is ’n brand-offer, ’n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.

10. “Wanneer iemand ’n skaap of ’n bok gee om ’n brand-offer te wees, dan moet hy ’n gesonde ram gee.

11. Hy moet die ram daar voor die Here slag, langs die noordekant van die altaar, en die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.

12. Die persoon moet die kop afsny en hy moet die niervet afsny. Hy moet die vleis in stukke sny, en die priester moet alles langs mekaar op die hout sit wat op die vuur op die altaar is.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1