Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:9-22 Bybel vir Almal (ABA)

9. Dit het beter gegaan met mensewat gesterf het in die oorlog,beter as met die mense wat sterf van honger.Die mense het stadig gesterfomdat hulle niks koring afgesny hetom te eet nie.

10. Vroue wat voorheen jammer wasvir hulle kinders,het nou hulle kinders gekook en geëet.Kinders het kos geword toe die vyandemy volk oorwin het.

11. Die Here was kwaad,Hy het nie opgehou om hulle te straf nie.Hy het ’n vuur aangesteek in Jerusalem,en die hele stad het verbrand.

12. Die konings van die aarde,al die mense in die wêreld,het gedink dat vyande nooitdeur die poorte van Jerusalemsou kon kom nie.

13. Maar dit het gebeur.Hoekom?Dit het gebeur oor die sondevan die profete,oor die verkeerde dinge watdie priesters gedoen het.Hulle het onskuldige menselaat sterf in die stad.

14. Mense het soos blindesrondgeloop op die strate.Hulle was vol bloed,niemand wou aan hulle klere raak nie.

15. Ander mense het vir hulle geskree:“Gaan weg, julle is onrein!Gaan weg! Gaan weg!Julle moenie aan ons raak nie!”Hulle het toe weggegaanen hulle wou tussen ander volkegaan woon,maar daardie volke het gesê:“Julle mag nie vreemdelingehier by ons wees nie.”

16. Dit was die Here self wat hullena al die kante toe gejaag het.Hy wou hulle nie meer sien nie.Hy wou nie met die priesters praat nie,Hy wou nie jammer wees vir die leiers nie.

17. Ons het aangehou kyk of iemandons sal kom help,maar niemand het gekom nie.Ons het gewag en gewag,maar nie een volk het ons kom help nie.

18. Die vyande het ons spore gevolg soos jagters,ons kon nie kom op die oop stukke grondin die stad nie.Ons dood was naby,ons lewe was verby,ja, ons einde het gekom.

19. Ons vyande was vinnigeras die arende in die lug.Hulle het ons gejaag op die berge,hulle het vir ons gewag in die woestyn.

20. Die gesalfde van die Here,die man wat vir ons so belangrik wassoos die asem in ons neus,het ’n gevangene gewordin die tronk van die vyande.Ons het voorheen van daardie man gesê:“Hy sal ons beskerm wanneer onstussen die heidene moet woon.”

21. Mense van Edom, julle moet dit geniet.Julle wat in die land Us woon,julle moet wys julle is bly,maar die beker van swaarkrysal na julle toe ook kom.Julle sal dronk word en julle sal julle kaal uittrek.

22. Mense van Sion,die Here het julle klaar gestraf,dit is nou verby,die Here sal julle nie gevangeneslaat bly nie.Maar, mense van Edom,vir júlle sal die Here nóú straf,Hy sal julle sondes vir almal wys.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4