Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. Hy het ’n muur rondom my gebousodat ek nie kan uitkom nie.Hy het my vasgebind met swaar kettings.

8. Hy wil nie hoor wat ek bid nie,Hy luister ook nie wanneer ek skreeen bid en vra dat Hy my moet help nie.

9. Hy het my pad toegebou met klippe,Hy het my op ’n ander pad laat loop.

10. Hy is soos ’n beer wat lê en wagom my te vang,soos ’n leeu wat stilletjies na my toe kruip.

11. Hy het my uit die pad gesleep,Hy het my liggaam stukkend geskeuren my daar laat lê.

12. Hy het sy pyl geneemen Hy het sy boog se snaar styfgetrekwant Hy wou my skiet.

13. Hy het sy pyle in my lewer ingeskiet.

14. Al my mense lag vir my,hulle sing oor my en spot vir my,die hele dag lank.

15. Hy het my lewe baie moeiliken bitter gemaak,dit was soos wanneer ek wilde-als geëet het.

16. Hy het my klippies laat kou,sodat my tande gebreek het.Hy het my plat getrap op ’n ashoop.

17. Daar is niks vrede in my lewe nie,ek weet nie meer hoe dit voelwanneer dit goed gaan nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3