hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here los mense nie vir altyd nie

1. Dit is met mý wat dit sleg gegaan het,want die Here was kwaaden Hy het my gestraf.

2. Ek het gevoel Hy jaag my en Hy bring myin ’n donker plek waar daar nie lig is nie.

3. Dit is net vir my wat Hy aanhou slaan,elke dag.

4. Hy het my vleis en my velheeltemal droog laat worden Hy het die bene in my liggaam gebreek.

5. Hy het ’n muur om my gebou,Hy het my lewe bitter gemaak,Hy het my laat swaarkry.

6. Hy het my laat woon in die donker,soos mense wat lank gelede dood is.

7. Hy het ’n muur rondom my gebousodat ek nie kan uitkom nie.Hy het my vasgebind met swaar kettings.

8. Hy wil nie hoor wat ek bid nie,Hy luister ook nie wanneer ek skreeen bid en vra dat Hy my moet help nie.

9. Hy het my pad toegebou met klippe,Hy het my op ’n ander pad laat loop.

10. Hy is soos ’n beer wat lê en wagom my te vang,soos ’n leeu wat stilletjies na my toe kruip.

11. Hy het my uit die pad gesleep,Hy het my liggaam stukkend geskeuren my daar laat lê.

12. Hy het sy pyl geneemen Hy het sy boog se snaar styfgetrekwant Hy wou my skiet.

13. Hy het sy pyle in my lewer ingeskiet.

14. Al my mense lag vir my,hulle sing oor my en spot vir my,die hele dag lank.

15. Hy het my lewe baie moeiliken bitter gemaak,dit was soos wanneer ek wilde-als geëet het.

16. Hy het my klippies laat kou,sodat my tande gebreek het.Hy het my plat getrap op ’n ashoop.

17. Daar is niks vrede in my lewe nie,ek weet nie meer hoe dit voelwanneer dit goed gaan nie.

18. En ek sê: Ek twyfel oor alles,ek hoop nie meer dat die Heremy sal my help nie.

19. Here, U moet onthou dat ek swaarkry,en dat ek nêrens ’n plek het waar ekkan woon nie.Wanneer ek daaraan dink,dan is dit vir my soos wilde-als en gif.

20. Wanneer ek daaraan dink en dink,dan word ek moedeloos.

21. Een ding weet ek, en dit is seker,en daarom sal ek aanhou hoop:

22. Die Here doen altyd wat Hy belowe het,Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry.

23. Here, U doen dit elke nuwe oggend,U bly altyd dieselfde.

24. Ek sê: Die Here is alles wat ek het,daarom sal ek aanhou hoop.

25. Die Here is goed vir mense wat glodat Hy hulle sal help,vir mense wat naby Hom wil wees.

26. Dit is goed om stil te bly en te glodat die Here jou sal red.

27. Dit is goed wanneer iemand’n juk moes dratoe hy jonk was,

28. wanneer hy alleen moes siten moes stilbly omdat die Heredie juk op hom gesit het.

29. Dit is goed wanneer iemandmet sy gesig op die grond moet lê.Miskien kan hy hoop dat iets goedsal gebeur.

30. Dit is goed wanneer iemandsy wang draai na die persoon toewat hom wil klap,dit is goed wanneer hy aanhou toelaatdat mense hom spot.

31. Want die Here los mense nie vir altyd nie.

32. Hy laat mense swaarkry,maar Hy word weer jammer vir hulle,Hy doen altyd wat Hy belowe het.

33. Ja, die Here doen dit nie graagmet mense nie,Hy laat hulle nie graag swaarkry nie.

34. Die Here sien wanneer menseslegte dinge doen aan die gevangenesin die land,

35. die Hoogste God sien wanneer mensenie reg doen aan ander mense nie,

36. die Here sien wanneer mensesê onskuldige mense is skuldig.

37. Niemand kan sê dat iets moet gebeur nie,dit is die Here wat sê dat dit moet gebeur.

38. Wanneer die Hoogste God dit sê,dan gebeur daar dinge, goed of sleg.

39. Hoekom kla ’n mens wat lewe?’n Mens wat lewe, moenie kla nie.Nee, hy moet sy sonde oorwin.

40. Ons moet goed kyk hoe ons lewe,ons moet baie goed dink daaroor,en ons moet terugkom na die Here toe.

41. Ons moet dink aan God,ons moet ons hande uitsteek,ons moet bid tot God in die hemel.

42. Ons het sonde gedoen,ons was opstandig teen U,en U het ons nie vergewe nie.

43. U was kwaad, U het ons gejaag,U was nie jammer vir ons nie,U het ons doodgemaak.

44. U het Uself toegemaak met ’n wolk,sodat ons gebede nie by U kon kom nie.

45. U het die ander volke laat dinkdat ons niks beteken nie en dat ons stink.

46. Al ons vyande is blyoor wat met ons gebeur het.

47. Ons het bang geword,dit voel of ons in ’n gat geval het.Ons is alleen en ons is stukkend.

48. Die trane vloei uit my oësoos waterstrome,ek huil omdat my volk stukkend is.

49. My trane sal aanhou vloei,dit sal nie ophou nie.

50. Ek sal aanhou huiltotdat die Here uit die hemelafkyk en sien wat gebeur.

51. Wanneer ek sien wat gebeurmet al die vroue in my stad,dan word ek baie hartseer.

52. Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar my vyande het my gejagsoos ’n mens voëls jag.

53. Hulle het my lewendigin ’n put gegooien hulle het klippe op my gegooi.

54. Die water het oor my kop gespoel,ek het gedink ek sal nie uitkom nie.

55. Here, ek het daar onder in die putgeskree en gevra U moet my help.

56. U het gehoor toe ek gebid heten gesê het:“U moenie u ore toehouwanneer ek skree en vradat U my moet red nie!”

57. Die dag toe ek geskree het,het U nader gekom en U het gesê:“Jy moenie bang wees nie.”

58. Here, U het vir my gevegteen die mense wat my beskuldig het.U het my lewe gered.

59. Here, U het gesien dat menseverkeerde dinge aan my gedoen het.U moet oordeel,U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie.

60. U het alles gesien wat hullemet my wou doen.U weet van hulle planne teen my.

61. Here, U het gehoor hoe hulle my spot,U weet van al hulle planne teen my.

62. U weet hoe my vyande teen my praat,hulle fluister die hele dag oor my.

63. U moet hoor, hulle sing en spot my.Hulle doen dit wanneer hulle siten wanneer hulle staan.

64. Here, U moet dieselfde doen met hullesoos hulle met my doen.U moet hulle straf oor wat hulle doen.

65. U moet hulle verstand deurmekaar maak,U moet hulle vervloek.

66. U moet kwaad bly vir hulle,U moet hulle jaag en U moet hulle doodmaak.Daar moet niks van hulle oorblyonder die hemel van die Here nie.