Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:54-62 Bybel vir Almal (ABA)

54. Die water het oor my kop gespoel,ek het gedink ek sal nie uitkom nie.

55. Here, ek het daar onder in die putgeskree en gevra U moet my help.

56. U het gehoor toe ek gebid heten gesê het:“U moenie u ore toehouwanneer ek skree en vradat U my moet red nie!”

57. Die dag toe ek geskree het,het U nader gekom en U het gesê:“Jy moenie bang wees nie.”

58. Here, U het vir my gevegteen die mense wat my beskuldig het.U het my lewe gered.

59. Here, U het gesien dat menseverkeerde dinge aan my gedoen het.U moet oordeel,U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie.

60. U het alles gesien wat hullemet my wou doen.U weet van hulle planne teen my.

61. Here, U het gehoor hoe hulle my spot,U weet van al hulle planne teen my.

62. U weet hoe my vyande teen my praat,hulle fluister die hele dag oor my.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3