Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:53-60 Bybel vir Almal (ABA)

53. Hulle het my lewendigin ’n put gegooien hulle het klippe op my gegooi.

54. Die water het oor my kop gespoel,ek het gedink ek sal nie uitkom nie.

55. Here, ek het daar onder in die putgeskree en gevra U moet my help.

56. U het gehoor toe ek gebid heten gesê het:“U moenie u ore toehouwanneer ek skree en vradat U my moet red nie!”

57. Die dag toe ek geskree het,het U nader gekom en U het gesê:“Jy moenie bang wees nie.”

58. Here, U het vir my gevegteen die mense wat my beskuldig het.U het my lewe gered.

59. Here, U het gesien dat menseverkeerde dinge aan my gedoen het.U moet oordeel,U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie.

60. U het alles gesien wat hullemet my wou doen.U weet van hulle planne teen my.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3