Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:35-44 Bybel vir Almal (ABA)

35. die Hoogste God sien wanneer mensenie reg doen aan ander mense nie,

36. die Here sien wanneer mensesê onskuldige mense is skuldig.

37. Niemand kan sê dat iets moet gebeur nie,dit is die Here wat sê dat dit moet gebeur.

38. Wanneer die Hoogste God dit sê,dan gebeur daar dinge, goed of sleg.

39. Hoekom kla ’n mens wat lewe?’n Mens wat lewe, moenie kla nie.Nee, hy moet sy sonde oorwin.

40. Ons moet goed kyk hoe ons lewe,ons moet baie goed dink daaroor,en ons moet terugkom na die Here toe.

41. Ons moet dink aan God,ons moet ons hande uitsteek,ons moet bid tot God in die hemel.

42. Ons het sonde gedoen,ons was opstandig teen U,en U het ons nie vergewe nie.

43. U was kwaad, U het ons gejaag,U was nie jammer vir ons nie,U het ons doodgemaak.

44. U het Uself toegemaak met ’n wolk,sodat ons gebede nie by U kon kom nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3