Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:30-39 Bybel vir Almal (ABA)

30. Dit is goed wanneer iemandsy wang draai na die persoon toewat hom wil klap,dit is goed wanneer hy aanhou toelaatdat mense hom spot.

31. Want die Here los mense nie vir altyd nie.

32. Hy laat mense swaarkry,maar Hy word weer jammer vir hulle,Hy doen altyd wat Hy belowe het.

33. Ja, die Here doen dit nie graagmet mense nie,Hy laat hulle nie graag swaarkry nie.

34. Die Here sien wanneer menseslegte dinge doen aan die gevangenesin die land,

35. die Hoogste God sien wanneer mensenie reg doen aan ander mense nie,

36. die Here sien wanneer mensesê onskuldige mense is skuldig.

37. Niemand kan sê dat iets moet gebeur nie,dit is die Here wat sê dat dit moet gebeur.

38. Wanneer die Hoogste God dit sê,dan gebeur daar dinge, goed of sleg.

39. Hoekom kla ’n mens wat lewe?’n Mens wat lewe, moenie kla nie.Nee, hy moet sy sonde oorwin.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3