Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:20-35 Bybel vir Almal (ABA)

20. Wanneer ek daaraan dink en dink,dan word ek moedeloos.

21. Een ding weet ek, en dit is seker,en daarom sal ek aanhou hoop:

22. Die Here doen altyd wat Hy belowe het,Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry.

23. Here, U doen dit elke nuwe oggend,U bly altyd dieselfde.

24. Ek sê: Die Here is alles wat ek het,daarom sal ek aanhou hoop.

25. Die Here is goed vir mense wat glodat Hy hulle sal help,vir mense wat naby Hom wil wees.

26. Dit is goed om stil te bly en te glodat die Here jou sal red.

27. Dit is goed wanneer iemand’n juk moes dratoe hy jonk was,

28. wanneer hy alleen moes siten moes stilbly omdat die Heredie juk op hom gesit het.

29. Dit is goed wanneer iemandmet sy gesig op die grond moet lê.Miskien kan hy hoop dat iets goedsal gebeur.

30. Dit is goed wanneer iemandsy wang draai na die persoon toewat hom wil klap,dit is goed wanneer hy aanhou toelaatdat mense hom spot.

31. Want die Here los mense nie vir altyd nie.

32. Hy laat mense swaarkry,maar Hy word weer jammer vir hulle,Hy doen altyd wat Hy belowe het.

33. Ja, die Here doen dit nie graagmet mense nie,Hy laat hulle nie graag swaarkry nie.

34. Die Here sien wanneer menseslegte dinge doen aan die gevangenesin die land,

35. die Hoogste God sien wanneer mensenie reg doen aan ander mense nie,

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3