Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:19-27 Bybel vir Almal (ABA)

19. Here, U moet onthou dat ek swaarkry,en dat ek nêrens ’n plek het waar ekkan woon nie.Wanneer ek daaraan dink,dan is dit vir my soos wilde-als en gif.

20. Wanneer ek daaraan dink en dink,dan word ek moedeloos.

21. Een ding weet ek, en dit is seker,en daarom sal ek aanhou hoop:

22. Die Here doen altyd wat Hy belowe het,Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry.

23. Here, U doen dit elke nuwe oggend,U bly altyd dieselfde.

24. Ek sê: Die Here is alles wat ek het,daarom sal ek aanhou hoop.

25. Die Here is goed vir mense wat glodat Hy hulle sal help,vir mense wat naby Hom wil wees.

26. Dit is goed om stil te bly en te glodat die Here jou sal red.

27. Dit is goed wanneer iemand’n juk moes dratoe hy jonk was,

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3