Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:18-24 Bybel vir Almal (ABA)

18. En ek sê: Ek twyfel oor alles,ek hoop nie meer dat die Heremy sal my help nie.

19. Here, U moet onthou dat ek swaarkry,en dat ek nêrens ’n plek het waar ekkan woon nie.Wanneer ek daaraan dink,dan is dit vir my soos wilde-als en gif.

20. Wanneer ek daaraan dink en dink,dan word ek moedeloos.

21. Een ding weet ek, en dit is seker,en daarom sal ek aanhou hoop:

22. Die Here doen altyd wat Hy belowe het,Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry.

23. Here, U doen dit elke nuwe oggend,U bly altyd dieselfde.

24. Ek sê: Die Here is alles wat ek het,daarom sal ek aanhou hoop.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3