Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Jerusalem het geskree:“Die Here het reg gedoen,want ek was opstandig teen Hom.Volke, julle almal moet luister,julle moet kyk hoe sleg gaan dit met my.My jongmeisies en my jongmannemoes weggaan, hulle is gevangenes.

19. Ek het die mense geroepwat lief was vir my,maar hulle het my verraai.My priesters en my leiers het gesterfterwyl hulle kos in die stad gesoek het,want hulle was honger.

20. Here, U moet kyk,want ek kry baie swaar.Dit pyn binne-in my,my hart kan nie rus nie,want ek was baie opstandig teen U.My mense sterf in die oorlogop die strate,en in die huise sterf die mense.

21. Al my vyande het gehoorhoe ek kla en sug,niemand het my gehelp nie.Toe my vyande hoor dit gaan sleg met my,het hulle gejuig omdat dit U waswat dit met my gedoen het.U het gesê dit sal eendag gebeuren U moet dit nóú laat gebeur,U moet my vyande straf soos Umy gestraf het.

22. U moet die slegte dinge onthouwat hulle gedoen het,en U moet met hulle doen soos Umet my gedoen hetomdat ek opstandig was teen U.Want ek kan nie ophou kla en sug nie,my hart het swak geword.”

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1