Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:14-22 Bybel vir Almal (ABA)

14. Die Here het my sondes bymekaargesit.Hy het dit gevat en Hy het daarvan ’n juk gemaak,Hy het dit op my nek gesit.Ek het nie meer krag gehad nie.Die Here het my vyande laat wen teen my,ek kon niks doen teen hulle nie.

15. Die Here het al my sterk manne verneder,almal wat kon veg.Die vyande het dit genietom my manne te oorwin.Die Here het op die volk Juda getrapsoos ’n mens druiwe trap in ’n parskuip.

16. Ek huil oor hierdie dinge,daarom vloei die trane soos wateruit my oë,want daar was niemand nabywat my kon help nie,niemand wat dit met my beterkon laat gaan nie.My mense is verwoes,want die vyande was te sterk vir hulle.”

17. Sion steek haar hande uiten vra iemand moet help,maar niemand help haar nie.Die Here het van al die kantevyande na Jakob toe gestuur.Jerusalem was soos ’n vuil stuk laptussen hulle.

18. Jerusalem het geskree:“Die Here het reg gedoen,want ek was opstandig teen Hom.Volke, julle almal moet luister,julle moet kyk hoe sleg gaan dit met my.My jongmeisies en my jongmannemoes weggaan, hulle is gevangenes.

19. Ek het die mense geroepwat lief was vir my,maar hulle het my verraai.My priesters en my leiers het gesterfterwyl hulle kos in die stad gesoek het,want hulle was honger.

20. Here, U moet kyk,want ek kry baie swaar.Dit pyn binne-in my,my hart kan nie rus nie,want ek was baie opstandig teen U.My mense sterf in die oorlogop die strate,en in die huise sterf die mense.

21. Al my vyande het gehoorhoe ek kla en sug,niemand het my gehelp nie.Toe my vyande hoor dit gaan sleg met my,het hulle gejuig omdat dit U waswat dit met my gedoen het.U het gesê dit sal eendag gebeuren U moet dit nóú laat gebeur,U moet my vyande straf soos Umy gestraf het.

22. U moet die slegte dinge onthouwat hulle gedoen het,en U moet met hulle doen soos Umet my gedoen hetomdat ek opstandig was teen U.Want ek kan nie ophou kla en sug nie,my hart het swak geword.”

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1