Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:11-14 Bybel vir Almal (ABA)

11. Al die mense van die stad het gekla en gesugterwyl hulle loop en kos soek.Hulle het kosbare goed gegee om kos te kry,want hulle was honger.”Jerusalem skree: “Here, U moet kyken sien hoe hulle my verneder.

12. Julle almal wat hier op die pad verbygaan,wil julle my nie help nie?Julle moet kyk of daar ander stede ismet wie dit so sleg gaansoos die Here dit met my laat gaan.Het die Here met ander stede gedoensoos Hy met my gedoen hettoe Hy vir my kwaad geword het?

13. Hy het vuur van bo gestuur in my liggaam in,en dit het in my gebrand.Hy het ’n vangnet neergesitom my voete te vang.Hy het my op my rug laat val,en my alleen gelosen my siek laat word,elke dag.

14. Die Here het my sondes bymekaargesit.Hy het dit gevat en Hy het daarvan ’n juk gemaak,Hy het dit op my nek gesit.Ek het nie meer krag gehad nie.Die Here het my vyande laat wen teen my,ek kon niks doen teen hulle nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1