Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 7:20-26 Bybel vir Almal (ABA)

20. Akan het geantwoord: “Ja, ek het sonde gedoen teen die Here, die God van Israel. Dit is wat ek gedoen het:

21. Ek het tussen die goed wat ons gevat het, ’n mooi bo-kleed gesien uit die land Sinar, en ook 200 sikkels silwer en ’n staaf goud wat 50 sikkels weeg. Ek wou dit graag hê en ek het dit gevat. Ek het dit in my tent begrawe. Die silwer is onder al die ander goed.”

22. Josua het mense gestuur en hulle het na die tent gehardloop. Daar kry hulle toe die goed wat in die tent begrawe is, die silwer was onder al die ander goed.

23. Hulle het die goed uit die tent geneem en hulle het dit na Josua en al die Israeliete toe gebring. Hulle het dit daar voor die kis van die Here neergesit.

24. Josua en al die Israeliete het vir Akan seun van Serag geneem en hulle het hom na die Akor-vallei gebring. Hulle het ook alles wat aan Akan behoort het, na die Akor-vallei gebring: die silwer en die bo-kleed en die goud, en Akan se kinders, sy beeste, sy donkies, sy skape en bokke.

25. Josua sê toe vir Akan: “Jy het die dood oor ons gebring, baie van ons het gesterf. Vandag sal die Here die dood oor jou bring, jy sal sterf.”Al die Israeliete het toe vir Akan en sy kinders en sy diere met klippe doodgegooi en verbrand.

26. Hulle het ’n groot hoop klippe oor hulle gepak. Dit is nou nog daar. Die Here was toe nie meer kwaad nie. Die plek se naam is nou nog Akor-vallei.

Lees volledige hoofstuk Josua 7