Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 2:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword, niemand van ons dink dat ons teen julle kan wen nie. Julle God die Here, Hý is die God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder.

12. Julle moet nou vir my belowe, en die Here moet die getuie wees. Ek was goed vir julle. Julle moet belowe dat julle vir my familie ook goed sal wees en julle moet vir my wys dat julle dit sal doen.

13. Julle moenie my ouers en my broers en susters doodmaak nie, julle moet niks vat wat aan hulle behoort nie, julle moet keer sodat julle mense ons nie doodmaak nie.”

14. Die mans het vir haar gesê: “As julle sterf, dan moet ons ook sterf. As julle nie sê wat ons hier kom doen het nie, en as die Here die land vir ons gee, dan sal ons ook goed wees vir julle, ons sal doen wat ons belowe.”

15. Ragab het die twee mans toe met ’n tou deur die venster laat sak, want haar huis was op die muur van die stad, sy het op die muur gewoon.

16. Sy het vir die twee mans gesê: “Julle moet na die berge gaan, sodat die mense wat vir julle soek, julle nie kan kry nie. Julle moet drie dae lank daar wegkruip, daarna kan julle teruggaan op dieselfde pad wat julle gekom het.”

17. Die mans het vir haar gesê: “Ons sal doen wat ons vir jou belowe het.

18. Maar wanneer ons die land aanval, dan moet jy hierdie rooi tou vasbind aan die venster waar jy ons laat afsak het, en jy moet jou ouers en broers, jou hele familie, in jou huis laat bymekaarkom.

19. As ’n persoon uit jou huis buitetoe gaan, en ons mense maak hom dood, dan sal dit sy eie skuld wees. Maar dit sal ons skuld wees as ons mense iemand doodmaak wat in jou huis is.

Lees volledige hoofstuk Josua 2