Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:8-17 Bybel vir Almal (ABA)

8. en ook nog al die dorpies naby die stede tot by die stede Baälat-Beër en Rama in die Suid-land. Dit was die stede van die families in die Simeon-stam.

9. Die stam het ’n deel van Juda se grond gekry, want die grond wat Juda gekry het, was te veel vir hulle. Die Simeon-stam het grond gekry binne-in die Juda-stam se grond.

10. Toe Josua die derde lootjie trek, het die Sebulon-stam hulle grond gekry. Die grens van hulle grond was tot by die stad Sarid.

11. Na die westekant gaan die grens dan na die stad Marala, en dan tot by die stad Dabbeset en die vallei naby die stad Jokneam.

12. Na die ooste gaan die grens van Sarid tot teen die grens van die stad Kislot-Tabor, en dan na die stad Daberat en op na die stad Jafia.

13. Van daar gaan die grens oos na die stede Gat-Gefer en Et-Kasin, dan na die stad Rimmon, en dan draai die grens na die stad Nea.

14. In die noorde draai die grens na die stad Gannaton, en dan gaan dit tot by die stad Jiftag-El.

15. Ander stede wat hulle gekry het, is Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem. Dit was almal saam twaalf stede en die dorpies daar naby.

16. Hierdie stede en die dorpies daar naby is die grond van die families in die Sebulon-stam.

17. Josua het die vierde lootjie getrek, die families in die Issaskar-stam het toe hulle grond gekry.

Lees volledige hoofstuk Josua 19