Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 17:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Josua het vir hulle gesê: “As julle so baie mense is en as die Efraim-berge nie genoeg is vir julle nie, dan moet julle die bosse gaan uitkap en vir julle grond skoonmaak in die land van die Feresiete en Refaïete.”

16. Die Josef-stamme het toe gesê: “Die berge is nie genoeg vir ons nie, en al die Kanaäniete wat in die vallei woon, het oorlogkarre van yster, die Kanaäniete wat woon in die stad Bet-San en die dorpies daar naby, en in die Jisreël-vallei.”

17. Josua het vir die nageslag van Josef, vir die stamme Efraim en Manasse, gesê: “Julle is baie mense en julle stam is baie sterk, julle moet meer as een deel hê.

18. Maar julle moet ook die berge kry wat vol bosse is. Julle moet die bosse uitkap en julle moet die grond skoonmaak sodat julle die hele bergland kan kry. Die Kanaäniete het oorlogkarre en hulle leër is sterk, maar julle sal hulle oorwin en wegjaag en julle sal hulle stede vat.”

Lees volledige hoofstuk Josua 17