Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:11-24 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die grens gaan daarna tot by die noordekant van die stad Ekron, dan draai dit na die stad Sikkaron. Dan gaan dit verby Baäla-berg na die stad Jabneël en daarna tot teen die see.

12. Die wesgrens van Juda is die strand van die Groot See.Dit is die grense van die grond van die families in die Juda-stam.

13. Josua het vir Kaleb seun van Jefunne ’n deel van die land gegee tussen die Juda-mense. Dit was die stad Hebron, hulle het die stad voorheen Kirjat-Arba genoem. Arba was die pa van Enak. Die Here het vir Josua gesê hulle moet die plek vir Kaleb gee.

14. Kaleb het die Enak-mense Sesai, Agiman en Talmai weggejaag uit Hebron. Hulle was die nageslag van Enak.

15. Kaleb het toe na die stad Debir gegaan, die naam van Debir was voorheen Kirjat-Sefer.

16. Kaleb het gesê: “Ek sal my dogter Aksa gee vir die man wat die stad Kirjat-Sefer oorwin en wat dit vat, my dogter sal daardie man se vrou wees.”

17. Otniël seun van Kenas broer van Kaleb het die stad oorwin, en Kaleb het sy dogter Aksa vir hom gegee om sy vrou te wees.

18. Toe Aksa by Otniël kom, het sy gesê hy moet vir haar pa ’n stuk grond vra waar hulle kan ploeg en plant. Maar toe sy afklim van die donkie, het Kaleb vir haar gevra wat sy wil hê.

19. Sy sê toe: “Jy moet vir my vrugbare grond gee. Jy het vir my die Suid-land gegee, maar nou moet jy vir my ook plekke gee waar daar water is.”Kaleb het toe vir haar plekke gegee waar daar water was in die berge en in die valleie.

20. Die families in die Juda-stam het hierdie stede gekry:

21. Ver in die suide langs die grens van die land Edom het hulle die stad Kabseël gekry, en ook Eder, Jagur,

22. Kina, Dimona, Adada,

23. Kedes, Gasor, Jitnan,

24. Sif, Telem, Bealot,

Lees volledige hoofstuk Josua 15