Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:14-24 Bybel vir Almal (ABA)

14. Moses het nie vir die Levi-stam hulle eie grond gegee nie. Die Here het vir Moses gesê die Levi-stam moet die vuur-offers kry van die Here, die God van Israel.

15. Moses het vir die Ruben-stam hulle eie grond gegee.

16. Hulle grond was die land van die stad Aroër langs die Arnon-vallei en van die stad wat binne-in die vallei is, die hele Hoëveld by die stad Medeba,

17. die stad Gesbon en al die stede daar naby op die Hoëveld. Die stede was Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,

18. Jasa, Kedemot, Mafaät,

19. Kirjatajim, Sibma en Seret-Sagar op die heuwel in die vallei,

20. Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot.

21. Dit was al die stede op die Hoëveld, die hele land van koning Sihon van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon. Moses het vir Sihon oorwin saam met die leiers van die Midianiete. Die leiers was Ewi, Rekem, Sur, Gor en Reba. Hulle was amptenare van Sihon en hulle het in die land gewoon.

22. Die Israeliete het ook die waarsêer Bileam seun van Beor doodgemaak saam met ander manne wat in die oorlog gesterf het.

23. Die grond van die Ruben-stam was langs die Jordaan-rivier. Dit was die grond van die families van die Ruben-stam, en dit was die stede en die dorpies daar naby.

24. Moses het vir die families in die Gad-stam hierdie grond gegee:

Lees volledige hoofstuk Josua 13