Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 3:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het weer met Jona gepraat. Hy het vir Jona gesê:

2. “Jy moet gereedmaak. Jy moet na die groot stad Nineve gaan. Jy moet vir die mense sê wat Ek vir jou gesê het om vir hulle te sê.”

3. Jona het gereedgemaak en hy het na Nineve gegaan soos die Here gesê het. Nineve was ’n baie groot stad. As ’n mens deur die stad wou loop, dan moes hy drie dae lank loop.

4. Jona het in die stad in geloop, een dag lank. Hy het gepraat sodat al die mense dit kon hoor. Hy het gesê: “Oor 40 dae sal God die mense in Nineve straf en Hy sal die stad verwoes!”

5. Die mense van Nineve het geglo wat God gesê het. Hulle het gesê almal moet vas, hulle moet niks eet nie. Almal het rouklere aangetrek, die belangrike mense en ook die mense wat nie belangrik was nie.

6. Die koning van Nineve het hiervan gehoor. Hy het toe afgeklim van sy troon en hy het sy koningsklere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en hy het op ’n ashoop gaan sit.

Lees volledige hoofstuk Jona 3